wie ons is
Disakloof is ’n kampterrein met billike tariewe en vriendelike, sorgsame personeel vir jeug- en kerkgroepe, kampeerders en voetslaners asook maatskappye wat belangstel in ’n spanbouwegbreek.
ons
storie
Veertien Nederduits Gereformeerde gemeentes het in die 1970s die Cascades Kampterrein in Bettiesbaai (aanliggend aan die Harold Porter Natuurreservaat) gekoop en bedryf as ’n kampterrein waar jongmense teen ’n billike tarief kon kamp. Later is die kampterrein na ’n nie-winsgewende maatskappy, Disakloof Jeugmaatskappy, oorgedra. Tans is die Maatskappy se visie om opheffings- en ontspanningsgeleenthede vir die jeug te skep, veral vir kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe in die Wes-Kaap.
Ons doel is dus om ’n kampterrein van ’n hoë standaard dog billike tariewe en vriendelike, sorgsame personeel te bied vir jeug- en kerkgroepe, kampeerders en voetslaners, asook maatskappye wat belangstel in ’n spanbouwegbreek.
Dit is Disakloof se beskeie bydrae om opvoeding, liefdadigheid, die kunste, geestelikheid en ons omgewing te bevorder.
ons
span
Disakloof se toekoms word met ywer bestuur deur ons toegewyde terreinpersoneel: