vir ieder en elk

Disakloof is ’n veilige en prettige omgewing vir een en almal.

ideaal

toegerus

Disakoof het die vermoë en geriewe om twee groepe gelyktydig te akkommodeer!

Die eerste kampterrein huisves tot 25 mense en spog met sy eie konferensiesaal en kombuis. Daar is plek vir ’n groep van tot 60 mense op ons tweede kampterrein, wat ook ’n groot saal, braaiplek, amfiteater en kombuis insluit.

Daarby het Disakloof ook ’n permanente tentstruktuur vir 20 of meer mense.

Dit alles beteken dus dat ons altesaam tot 100 mense kan huisves!

verblyf in

wooneenhede

Eenheid 1

SLAAP:  6

SLUIT IN:
Stort
Toilet
Kombuis
Yskas
Tweeplaatstoof
Elektriese ketel
Patio

Eenheid 2-10

SLAAP:  4

SLUIT IN:
Stort
Toilet
Kombuis
Yskas
Tweeplaatstoof
Elektriese ketel
Patio

WOONWAENS

Vir diegene wat hul eie woonwaens en kampeertente het, en die wonderlike belewenis van ’n kampvuur onder die sterrehemel koester, het Disakloof ’n aantal pragplekkies waar jy jou woonwa of tent kan staanmaak.

Alle woonwa- en tentkampeerders het toegang tot water, kragproppe en ablusiegeriewe.

geriewe

Snoepwinkel

Ons snoepwinkel is propvol van jou gunsteling-peuselgoed.

Ablusieblokke

Twee ablusiegeriewe is op die terrein beskikbaar en word in stand gehou vir ’n sindelike besoek.

Braaiplekke

Daar is verskeie braaiplekke vir gebruik deur besoekers.

Kano's

Huur ’n kano (of twee) en geniet ’n sonnige dag op die dam. Beskikbaar op Saterdae en Sondae teen slegs R1 000,00 vir 6 kano’s (12 mense).

Sale

Twee sale het elk sy eie volledig toegeruste kombuis, stoele, tafels en skerms vir projektors of aanbiedings.

Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Not readable? Change text. captcha txt

Start typing and press Enter to search