wie kamp?
Disakloof is ’n kampterrein met billike tariewe en vriendelike, sorgsame personeel vir jeug- en kerkgroepe, kampeerders en voetslaners, asook maatskappye wat belangstel in ’n spanbouwegbreek.
Skool en Kerk
jeuggroepe
Disakloof is ten volle omhein, en dus ’n veilige terrein waar skole en kerke opvoedkundige, leierskap- en geestelike vormingskampe vir groepe van tot 100 jongmense kan aanbied.
Disakloof het twee sale, volledig met kombuise toegerus, sodat die kampterrein die hele jaar lank benut kan word, ongeag die weerstoestande.
Die grasperkoppervlak is ook genoegsaam vir buitelugaktiwiteite en leerervarings vir kinders, jongmense en volwassenes.
Die fasiliteit is selfs ideaal vir binnenshuise hokkie-, skaak- en tafeltennistoernooie!
spanbou
avonture
Talle privaat instansies en maatskappye maak van Disakloof gebruik as basis vir die aanbieding van avontuurkampe. Vir hierdie spanbou-avontuurorganiseerders is daar die bykomende voordeel dat hulle hul kliënte ook van spyseniering kan voorsien. Sien asseblief die kontakbesonderhede hieronder.
Frixion Adventures
Brett Pamario
082 855 6271
brett@frixion.co.za
Gravity Adventures
Marie Louise
082 692 4399
Solid Rock
Pierre Viviers
082 774 1015
gesinne
Om te kampeer beteken nie noodwendig vir almal dieselfde ding nie. Sommige mense hou daarvan om in ’n tent of onder ’n afdak te kamp en saans te braai, terwyl ander ’n gemaklike bed, ’n ketel, stoof en hulle eie stort verkies.
By Disakloof het gesinne die opsie om uit te kamp, óf om luukser verblyfgeriewe te geniet. Die beskikbare wooneenhede wissel in grootte en ruimte, maar hou steeds gesinskampe bekostigbaar aangesien die tariewe per wooneenheid gehef word en nie per persoon nie.
Die kampterrein is omhein sodat ouers sorgvry kan vakansie hou met die wete dat hulle kinders veilig binne Disakloof se grense kan rondbeweeg.
voetslaners
Disakloof is aan die voet van die berg in Bettiesbaai geleë en beskik oor opwindende voetslaanpaaie. Avontuurlustige voetslaners maak dikwels van Disakloof gebruik as beginpunt om die omliggende berge en kuslyn te verken.